Friday, April 16, 2010

Witboy in Afrika - Deon Maas

Witboy in Afrika | Reisliteratuur

Deon Maas, ISBN:9780624047780, R180.00

Tafelberg Stadsjapie Deon Maas besluit om te vlug uit die voorstede en Afrika in te vaar. Oor ’n tydperk van 15 jaar onderneem hy reise na verskeie lande noord van die Limpopo om te ontdek wat dit beteken om ’n Afrikaan te wees.

Hy beland gereeld in die moeilikheid, maar danksy sy vlymskerp humorsin omskep hy enige taai situasie gou in ’n opwindende avontuur. Soos die aand wat hy saam met olie-diewe in NigeriĆ« deurbring en die keer toe hy tydens sy wittebrood van seerowers in Madagaskar moes vlug. Maar dit is ook vir hom belangrik om die plaaslike mense te leer ken en iets te wete te kom van ’n vreemde land se geskiedenis en veral sy musiek. Deon is allesbehalwe jou gemiddelde toeris – kleurvolle karakters en ongewone ervarings is alles deel daarvan om Afrika op die Maas-manier te beleef.

Hy oorleef eienaardige kosse, haglike blyplekke en bedwelmde soldate: Uiteindelik is die vraag seker nie of Deon Maas Afrika sal oorleef nie, maar of Afrika vir Deon Maas gaan oorleef.

Ook beskikbaar in Engels, Witboy in Africa.

No comments:

Post a Comment