Friday, April 16, 2010

Geerfde Liefde - Lizet Engelbrecht

Geërfde liefde   

Skrywer: Lizet Engelbrecht
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624048527
Datum Vrygestel: 06 April 2010
Prys (insl. BTW): R 87.95
Formaat: Sagteband, 224pp

Om te boer is nie net haar beste uitweg nie, dit is haar énigste uitweg. Nikki Swart, wat tot nou toe net die diamantkant van die lewe geken het, word gedwing om haar deel van die erfplaas in die noorde van Zambië op te eis – en daarop te boer vir oorlewing.

Rooskleurig is dit beslis nie. Want haar mede-eienaar, Jan, maak die lewe vir haar onuithoudbaar. Hy is ’n geharde boer met een doelwit voor oë: om so gou moontlik van dié bedorwe stadsjapie ontslae te raak. Maar Nikki is nie van plan om moed op te gee nie. Die dood, het sy besluit, sal genadiger wees as nóg ‘n mislukking.

No comments:

Post a Comment