Boots en brannewyn
deur Frik du Preez; Chris Schoeman;ISBN:9781770221338, R150.00
Order Now
Of jy nou vir Bitterfontein, die Blou Bulle of die Bokke speel, rugby bly ’n spel met baie snaakse situasies, op en van die veld. Daar’s nie nóg ’n sport waaruit sóveel stories uit die skrum van die lewe gehaak word nie. Boots en brannewyn is ’n lekker ontspanboek wat o.a. vertel van Morrie Zimerman se gatvol raak vir hoekskoppies; Ferdie Bergh se helderblou Springbok-kouse; die ref wat die Bokke teregwys dat ‘die Engelse julle darem nou lekker donner’; ’n boerbok wat ’n Villagers-man buite aksie stel; en Bob Skinstad se ‘noodgebed’ voor ’n wedstryd. Daar is ook heelwat staaltjies oor legendes soos Oom Boy Louw, Dok Craven, Oubaas Mark en Colin Meads, oor breiers en refs en die manewales van die Kiwis, Aussies en die Ses Nasies-manne. ’n Lekker-lag boek vir rugby-liefhebbers.
About the Author - Frik du Preez
Frik du Preez is ’n groot legende in die rugbywêreld en een van die min Springbokke wat al in die International Hall of Fame vereer is. Hy is ook in 2000 aangewys as Suid-Afrika se Speler van die Eeu. Met 87 wedstryde vir die Springbokke, insluitende 38 toetse, en meer as 100 wedstryde vir Noord-Transvaal, het Frik ’n ryke skatkis van snaakse rugbystaaltjies opgebou. Hy het nie net onsterflike roe ...[more about Frik du Preez]
About the Author - Chris Schoeman
Chris Schoeman was born in Somerset East and educated at the University of Port Elizabeth and Colorado State University, USA. He has worked as a historian and journalist and has authored and co-authored several books, including District Six: The Spirit of Kanala, Danie Gerber: Maestro of the Midfield and the popular Losskrums and Loopdoppe series, collections of humorous rugby stories compiled wit ...[more about Chris Schoeman]
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Tuesday, August 24, 2010
Bosveld Ekologie en Bestuur
Bosveld Ekologie en Bestuur
Redakteur: P.T. van der Walt, ISBN:9781875093946, R219.00
Bestel Nou
Ook beskikbaar in Engels
17 van ons land se voorste boskundiges skryf oor die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en grond, veld en plante, houtsoorte en ouderdomme van bome, oorlewing en veldgebruik in historiese tye, hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om ’n plaas hier te koop.
In die volksmond verwys ‘bos’ na ’n houtagtigheid wat in samestelling, digtheid en hoogte verskil. Dit is ’n plek waar die lewensiklusse van sowat 5 700 plantsoorte bydra tot die polsende ritme en dinamiek van soet-, suur-, gemengde of dorre bosveld. ’n Anderhalf miljoen besoekers put jaarliks enorme plesier uit hierdie kosbare bioskat, maar dit is besig om vinnig te verarm weens die druk van menslike aktiwiteite en wanbestuur. Die benutting daarvan moet dringend met meer sensitiwiteit en kundigheid benader word. Om hierdie ideaal groter momentum te gee, deel 17 van ons land se voorste boskundiges hul kennis op ’n maklik verstaanbare en kleurvolle wyse – wonderlike leesstof vir die bewaarder, boer, student en elke bosliefhebber.
Hierdie bondige kroniek vertel van die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en die grond, die veld en die plante, van houtsoorte en die ouderdomme van bome, van oorlewing en van veldgebruik in historiese tye, van hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om ’n plaas hier te koop.
’n Eiesoortige veldgids vir ons geliefde Bosveld – ’n moet vir elke Bosvelder en Bosveldbesoeker.

Labels:
Afrikaans,
Nature,
Nature and Outdoors,
SA Non-Fiction
Friday, July 2, 2010
Tuinmaak met eiegoed
Tuinmaak met eiegoed
deur Anna Celliers en Tanya Visser, ISBN:9781920268534, R175.00
Bestel Nou
Tuinmaak met eiegoed stel jou bekend aan die jongste hibriede van die mees geliefde en nuttigste inheemse plante en gee jou wen-idees om hulle in konvensionele tuinontwerp te gebruik. Oorsese kwekers vry immers al jarelank na ons pragtige flora, en nuwe klone van ons eie pronkplante verskyn elke jaar in die handel. Hierdie plante neem nou hulle regmatige plek in ons tuine in. Die titel is 'n spanpoging deur twee van ons bekendste tuinpersoonlikhede, en weerspieel hulle gewilde aanbiedings en gemaklike skryfstyl. Hulle benadering is ontspanne, liewer as puristies, en hulle veroordeel nie eksotiese plante tot die dood, of predik die stiksienige navolging van bioomspesifieke aanplanting van slegs endemiese plante nie. Hulle moedig tuiniers liewer aan om hulle tuine te geniet en te eksperimenteer om die plante wat hulle regtig graag wil he, te laat oorleef. Baie plante gedy waar mens dit die minste verwag, en juis dit is deel van die vreugde van tuinmaak. Hierdie gedugte span wil nie he jy moet dink dat hulle deur inheemse tuinmaak aan te moedig, bedoel dat elke eksotiese plant uit die bose is en verban moet word nie. Benewens plante wat amptelik as verbode indringers geklassifiseer is en uit elke tuin verwyder moet word, kan jy gerus al jou geliefde plante in jou tuin hou waar hulle gesellig sal leer skouers skuur met jou nuwe inheemse plante. Die titel is ryklik geillustreer met foto's uit The Gardener/Die Tuinier se fotobank en elke bladsy is 'n visuele fees wat nie net inlig nie, maar ook inspireer. Met hope wenke en plantvoorstelle, is die praktiese benadering een wat by alle tuiniers sal byval vind.

Thursday, July 1, 2010
Kom ons hou partytjie
Ons hou partytjie!
by Jenny Dodo, ISBN:9781770077799, R165.00
Order Now
Teen dié tyd weet ma’s (en pa’s) dat Jenny Dodd se partytjieboeke onontbeerlik is om te verseker dat hul kinders se partytjies so te sê kinderspeletjies is om te organiseer. Ons hou partytjie gaan op soortgelyke wyse as Partytjie-idees vir Kinders en Partytjiepret voort, met ’n nuwe reeks fantastiese temas vir kinderpartytjies wat jou nie te veel geld uit die sak sal jaag nie.
Jenny lei jou met die beplanning, uitnodigings, kos (waaronder koekresepte), dekor, temas en vermaak. Die temas kan vir verskillende ouderdomsgroepe aangepas word, van kleintjies tot tieners (en soms selfs nóg ouer), asook vir verskillende geleenthede.
Die temas is:
Polkakolle
Putjiespel
In die kleine
Formule 1
Partytjiegoggas
Kranige kokke
Pret op ys
Bestemming Mars
Betowerde woud
Pret op die plaas
Blink brandweerwa
Die groot nommer 1
Karatekampioene
Ponieparade
Skipbreuk
Wêreldbekersokker
Steentydperk
Hoërskool-opskop
Misdaadtoneel
Reis na Egipte
by Jenny Dodo, ISBN:9781770077799, R165.00
Order Now
Teen dié tyd weet ma’s (en pa’s) dat Jenny Dodd se partytjieboeke onontbeerlik is om te verseker dat hul kinders se partytjies so te sê kinderspeletjies is om te organiseer. Ons hou partytjie gaan op soortgelyke wyse as Partytjie-idees vir Kinders en Partytjiepret voort, met ’n nuwe reeks fantastiese temas vir kinderpartytjies wat jou nie te veel geld uit die sak sal jaag nie.
Jenny lei jou met die beplanning, uitnodigings, kos (waaronder koekresepte), dekor, temas en vermaak. Die temas kan vir verskillende ouderdomsgroepe aangepas word, van kleintjies tot tieners (en soms selfs nóg ouer), asook vir verskillende geleenthede.
Die temas is:
Wednesday, June 30, 2010
Emma en Nella
Emma en Nella
deur Ekm Dido, ISBN:9781415201206, R180.00
Order Now
Die storie van Emma en Nella. Emma maak ’n lewe vir haar en haar optelkind Nella in Blackheath. Lank gelede sou sy met Gert trou, maar sy pa laat hom uit die kerk storm en die mislukte troudag maak haar hard en onverskrokke. Daar is nie keer aan haar toe sy besluit om later vir Nella aan te neem nie – ’n baba met Fetale Alkoholsindroom wat sy langs ’n snelweg kry. Nou is Nella twaalf en met tik deurmekaar. Maar tussen Nella en die afgrond staan Emma. Ná ’n hellevaart waarin die kind vir sewe dae spoorloos verdwyn het, neem Emma en Gert haar na ’n reabilitasiesentrum in Port Elisabeth. Op pad terug kom Gert se verlede aan die lig en slaan Emma se verhaal ’n heel nuwe koers in. Die verhaal het oorspronklik as ’n baie gewilde vervolgverhaal in Die Burger verskyn.

Monday, June 7, 2010
Matie Brink se potjiekos
Matie Brink se potjiekos
deur Matie Brink, ISBN:9780798151856, R130.00
Bestel Nou
Potjiekos is hugely popular with South Africans who love entertaining guests around a fire. Matie Brink is known as the King of Potjieskos. The best recipes from his four previous books are now conveniently collected in one volume – Potjiekos: The Best of Matie Brink.
From easy to “grand”, economical to special – this book caters for every taste. Every recipe is delicious: from the more everyday to potjies with a difference, including ostrich neck, chicken with a kick, leg of lamb with sweet and sour sauce, lasagna potjie and oxtail with peaches.
The book also includes recipes for champion breads, mouth-watering cakes and puddings like roly-poly and dumplings.
Light-hearted illustrations by popular cartoonist Fred Mouton add a special touch.
Also available in Afrikaans as Matie Brink se Potjiekos.
About the author
Matie Brink was a church minister in Paarl and the undisputed King of the Potjie. He won several awards and was known across South Africa.
This book was compiled by the Brink family, with Martelize Brink, a broadcaster at Radio Sonder Grense, in the driving seat.

Op pad met Mandela
Op pad met Mandela: Vyfien lewensless
deur Richard Stengel, ISBN:9780795702976, R175.00
Bestel Nou
As medeskrywer van Nelson Mandela se biografie het joernalis Richard Stengel ure in Madiba se geselskap deurgebring. Drie jaar lank het hy hom bykans oral heen vergesel – selfs onder die mees senutergende omstandighede. Op pad met Mandela: vyftien lewenslesse is sy manier om hierdie ervaring met ander te deel. Dié Afrikaanse uitgawe van Mandela’s Way bied ook aan Afrikaanse lesers ’n nadere blik op dié merkwaardige man, wat deur mense wêreldwyd as ’n lewende legende beskou word. Die lewenswysheid wat Madiba uit sy grootste uitdagings geput het, word hier in vyftien lesse oor die liefde, die lewe en leierskap vervat: waarom dit belangrik is om jou teenstanders fyn dop te hou, waarom waagmoed nie noodwendig ’n gebrek aan vrees beteken nie, en hoekom dit belangrik is om dinge in die lewe te vind waaruit jy plesier en vervulling kan put.

Roer
Roer
deur Marike Bekker, ISBN:9780798151870, R195.00
Bestel Nou
Die beste resepte uit die suksesvolle TV-program Roer! op kykNET. Met foto's van die kos, die glansmense en kunstenaars en natuurlik van die mooie Tammy-Anne Fortuin. Kuier saam met sterre soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Amy Kleynhans, Sasha-Lee, Heinz Winckler, Corne Krige, Kobus Wiese, en die geliefde Evita.

Friday, June 4, 2010
Afrika-diere Rympies en Resepte
Afrika-diere Rympies en Resepte
deur Tracy Going, ISBN:9780143024972, R130.00
Order Now
Kom saam met Tracy Going op 'n towerreis na die Afrika-bosveld! Op hierdie avontuur sal jy nie net allerhande interessante dierefeite leer nie - maar ook speel-speel uitvind hoe om smullekker disse op te tower (wat elkeen spesiaal na 'n Afrika-dier vernoem is). Elke dier het sy eie rympie wat jou meer sal vertel oor waar en hoe hy leef. Leer hoe duikers hardloop, waar bakoorjakkalse woon en hoekom dit so moeilik is om 'n njala te sien te kry. Die resepte is in die kol vir kinderkokke, en kan maklik met 'n bietjie grootmenshulp gemaak word. Hoe klink dit met Seekoei-hosannas, Jakkalskwas of 'n Kwagga-quiche? Met hierdie titel vol rympies en resepte vier Tracy Going die verskeidenheid en kwesbaarheid van Afrika se wilde diere.

Thursday, June 3, 2010
Konsert van die lewe Tolla van der Merwe
Konsert van die lewe - Tolla van der Merwe
deur Tania du Toit, ISBN:9780799346473, R180.00
Order Now
Tien jaar na sy dood, word hy steeds onthou vir sy stories, sy unieke taal, sy humor in Afrikaans, maar meer dalk nog deur die wat hom geken het vir sy aardsheid, sy menslikheid, vir hoe hy ander op soveel vlakke aangeraak en onvoorwaardelik van homself gegee het. 'n Tekort aan feite oor Tolla is daar nie. Die vraag was hoe om sy storie te vertel...Die draad wat regdeur sy lewe geloop het is die van Tolla die gewer, die een wat uitdeel – nie net tasbare goed nie, maar ook van homself, om die lewe 'n beter plek te maak. Dalk verduidelik juis dít die gevoel van groot verlies toe hy skielik nie meer daar was nie.

Die Benederyk
Die Benederyk
deur Ingrid Winterbach, ISBN:9780798151474, R195.00
Order Now
’n Nuwe roman deur hierdie skrywer is ’n belangrike gebeurtenis. En sy stel haar lesers nie teleur nie: Dis die verhaal van twee broers – Aaron en Stefaans Adendorff – die een ‘n skilder, die ander ’n eks-verslaafde. Aaron se galery-eienaar, Eddie Knuvelder, laat hom lelik in die steek (nadat Aaron gehoop het Knuvelder sal van sy jongste skilderye kies vir ’n uitstalling in Duitsland) en Bubbles Bothma, buurvrou en vriendin extraordinaire, kom met verskeie onwaarskynlike oplossings vir sy benarde situasie. Terwyl broer Stefaans deurentyd verslag lewer van sy labirintiese dwaalweë en sy soektog na die herkoms van hulle ontwykende derde oupa. Apokalipties en burlesk!

'n Hemelhoe hekkie
'n Hemelhoe hekkie
deur Douwleen Bredenhann, ISBN:9780624048244, R150.00
Order Now
Lewenslank — is dít hoe lank dit 'n ma neem om die moord op haar jong dogter te verwerk? Op 26 Februarie 1988, ‘n Vrydagaand, het Douwleen Bredenhann haar dogter Liesl by die balletklas gaan haal en begin kosmaak. Minute later is Liesl in hul agterplaas vermoor terwyl sy haar hondjie gaan kosgee het. ’n Hemelhoë hekkie is Douwleen se hart-verskeurende ware verhaal van skok, pyn en ’n geleidelike soort heling. Die vertelling is onverskrokke en skreiend eerlik. Dit sal jou waarskynlik lewenslank bybly. Ook beskikbaar in Engels, Living Without Liesl.

Spoorloos
Spoorloos
deur Riana Mouton, ISBN:9780799346626, R150.00
Order Now
Alex Cloete is kwaad vir die lewe. Hy het nie geld nie, nie rigting nie, en sy geliefde seun, Zander, woon by sy ma, Mercia, ver van hom af. Wanneer Mercia in baie verdagte omstandighede sterf en die kind wegraak, kry Alex lewe en rigting. Alex glo dis sy geheime lewe toe hy in die weermag was, wat hom inhaal en die rede is vir hierdie ontvoering. Of is dit? Want sy ma blyk ook 'n paar geheime te he wat vir hiervoor verantwoordelik kan wees...

Die storie van Emma en Nella. Emma maak ’n lewe vir haar en haar optelkind Nella in Blackheath. Lank gelede sou sy met Gert trou, maar sy pa laat hom uit die kerk storm en die mislukte troudag maak haar hard en onverskrokke. Daar is nie keer aan haar toe sy besluit om later vir Nella aan te neem nie – ’n baba met Fetale Alkoholsindroom wat sy langs ’n snelweg kry.
Nou is Nella twaalf en met tik deurmekaar. Maar tussen Nella en die afgrond staan Emma. Ná ’n hellevaart waarin die kind vir sewe dae spoorloos verdwyn het, neem Emma en Gert haar na ’n reabilitasiesentrum in Port Elisabeth. Op pad terug kom Gert se verlede aan die lig en slaan Emma se verhaal ’n heel nuwe koers in. Die verhaal het oorspronklik as ’n baie gewilde vervolgverhaal in Die Burger verskyn.

Die Ondenkbare
Die Ondenkbare
deur Isa Konrad, ISBN:9780799345650, R145.00
Order Now
Teen sy sin kom Briel weer in Luderitz aan. Hy moet 'n moord oplos. Maar mettertyd sit hy met twee lyke. En hoe dieper hy delf hoe nader kom hy aan daardie ondenkbare somer sewentien jaar gelede.

Pluimprinse
Pluimprinse
deur Malene Breytenbach, ISBN:9780624048251, R180.00
Order Now
Wanneer Olivia Bailey in haar Muizenbergse huis aangeval en byna verkrag word, besluit sy om afstand te kry - nie net van haar werk as joernalis nie, maar ook van die Kaap. Die enigste plek waaraan sy kan dink om te gaan heel word, is haar ouma se huis op Oudtshoorn. Daar is net een probleem: Olivia het haar ouma nog nooit ontmoet nie. Want die Joodse familie in hulle pluimpaleis is trotse mense. Toe Olivia se ma met die verkeerde man wegloop, het hulle haar onterf en nooit weer gekontak nie. . .

'n Dans met die Dood
'n Dans met die Dood - Joernaal van 'n anoreksielyer
deur Aniel Botha, ISBN: 9781770200364, R150.00
Order Now
Toe Aniel Botha sewentien jaar oud was, is haar jare lange, morbiede obsessie oor kos as anorexia nervosa gediagnoseer. Maar vir die sensitiewe en begaafde skolier met 'n passie vir ballet was die woord 'anorexia', wat 'aptytverlies' beteken, eintlik 'n wanbenaming, want sy was gedurig honger - vir kos, vir rus, vir liefde en aanvaarding, maar veral vir die dood. Niemand, nie eens sy self nie, kon die redes vir haar selfvernietigende gedrag peil nie. Sy is uiteindelik op drie-en-twintigjarige ouderdom op aanbeveling van 'n sielkundige in 'n psigiatriese hospitaal opgeneem. 'n Dans met die dood is Aniel se eie aangrypende beskrywing van die ses weke wat sy in die eetsteurnisafdeling van die hospitaal deurgebring het, en van die ander pasiente wat sy daar ontmoet het. Die leser vergesel haar op haar pynlike reis terug van die afgrond, en kry onderweg diep ontstellende insigte in die gemoed van 'n anoreksielyer. Niks word verswyg nie - die leuens, die selfhaat, die komplekse en onstuimige liefde-haat-verhouding met kos, en die wanhopige hunkering na bevryding - of die dood.

Friday, April 30, 2010
Pleisters vir die siel 2
deur Riekert Botha, ISBN:9780620461733, R139.00, Order Now
Na die verstommende ontvangs van die eerste Pleisters vir die Siel het ek 'n wonderlike kykie in 'n deel van God se hart gekry. Ek kon vir 'n oomblik sien wat God elke dag sien: die honger en dors wat daar is in mense se hart na die waarheid en na lewe. Dit was vir my 'n enorme bemoediging en aansporing. Die klein radio-programmetjie Saterdagoggende op RSG is nie net 'n tydvuller nie. Dis 'n wonderlike geleentheid wat God gebruik om mense te bereik wat dalk andersins nie toeganklik sou wees nie. Daar is egter nie net aanhangers van Pleisters vir die Siel nie. Daar is ook mense wat dink dit is sommer nonsies en 'n oningeligte gebabbel. Hulle vorm ook 'n belangrike deel van die luisteraarsgehoor. Hulle is skepties en dring diep met hulle vrae - en dit is ook belangrik. Die goeie nuus is dat ek nie Jesus Christus is nie, en dat die dinge wat ek se nie die grondwaarhede vorm waarop mense hulle lewe bou nie. Daar is net een Persoon wat dit kan doen en dit is Jesus Christus self. Die beste nuus van alles is dat Jesus rerig is. Dis nie vir my om te bewys of te verdedig nie. Enigiemand wat dit wil waag kan dit persoonlik uitvind. Dis die groot opwinding van die evangelie! Ons hoef nie net te praat oor pleisters nie, ons kan werklik die genesing van God in ons lewe beleef. Ons hoef nie net te praat van wat God alles kan doen en wil doen nie - ons kan dit eerstehands ervaar. As dit nie daarvoor was nie, het ek binne die eerste maand hierdie program gestaak. Dan sou die gedrukte weergawe van Pleisters vir die Siel - soos hierdie een - ook nooit kon realiseer nie. Mag jy Jesus innig en werklik beleef. As jy reeds die voorreg het om Hom te geniet, mag jou verhouding met Hom tot nuwe hoogtes gevoer word.
Labels:
Afrikaans,
Geestelik,
Religious,
SA Non-Fiction
Duiwelsbrood en Ander kort en lang stories
Duiwelsbrood en ander kort en lang verhale
deur Annelie Botes, 978079934591, R150.00, Bestel Nou
Opsomming:
’n Heerlike omnibus van Annelie Botes-verhale vir aanhangers om aan te smul: 3 kort romans en 19 kortverhale. Annelie Botes se bekende stem sal die leser meesleur, vermaak en diep menslike insigte meedeel. Die omnibus bevat ook ’n essay deur Botes wat die genesis van haar haar skrywerskap beskryf; insiggewend en genotvol.
Roer deur Marike Bekker
Roer
Skrywer: Marike Bekker
Kategorie: Kos & drank
ISBN: 9780798151870
Datum Vrygestel: 03 Mei 2010
Prys (insl. BTW): R 195.00
Formaat: Sagteband, 160pp
Bestel Nou!
Human & Rousseau
Die beste resepte uit die suksesvolle TV-program Roer! op kykNET. Met pragtige foto’s van die kos, die glansmense en kunstenaars en natuurlik van die mooie Tammy-Anne Fortuin.
Kuier saam met sterre soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Amy Kleynhans, Sasha-Lee, Heinz Winckler, Corne Krige, Kobus Wiese, en die geliefde Evita.
Roer! sluit resepte in wat aan die beurt gekom het in episodes 101 tot 200. Dit volg op die suksesvolle Roer met die sterre! waarin resepte uit episodes 1 tot 100 van Roer! verskyn het.
Subscribe to:
Posts (Atom)