Tuesday, August 24, 2010

Vars, vinnig, Lekker

Vars, vinnig, lekker

deur Sonia Cabano, ISBN:9781770078291, R210.00

September 2010

Bestel Nou

Meeste mense dink gesond eet is sinoniem met saai kos en langtandkou. Sonia Cabano verskil! Sy meen kos is meer as net ’n bron van energie – dit moet lekker wees. Elke maaltyd bied die geleentheid om ’n genotsfees te vier! Sonia is lief vir kook, maar sy weet dat dit vir baie mense net ’n taak is. Vars, vinnig, lekker is geïnspireer deur die versoeke wat sy kry vir vinnige, maklike en gesonde resepte. Hoewel sy klem lê op vars en vinnig, meen Sonia dat kos wat met sorg gemaak word, meer as net die liggaam onderhou – dit voed die siel. Daarom bevat hierdie boek ’n verskeidenheid resepte. Sommige vereis meer voorbereidingstyd as ander, maar elkeen is ewe vars, vinnig en lekker! Die boek is in vier unieke hoofstukke verdeel met treffende volkleurfoto’s: ‘Vars’ moedig ons aan om ons liggame te verfris en van gifstowwe ontslae te raak. ‘Vinnig’ bied blitsige, maklike gourmet-etes. ‘Luilekker’ nooi jou uit om te ontspan en die lekker van die lewe te geniet, en ‘Spens’ bied resepte om jou koskasvoorraad aan te vul.

About the Author - Sonia Cabano
Sonia Cabano is a former model turned chef who lived in London and Europe for 12 years, training at Anthony Worrall-Thompson’s Bistro 190, Rowley Leigh’s Kensington Place, Justin de Blank’s and Blacks in Soho. After returning to South Africa she ran a successful catering business in Cape Town with numerous high-profile media and corporate clients, including Italian Vogue, Janet Jackson, Tina Turne ...[more about Sonia Cabano ]

No comments:

Post a Comment