Tuesday, August 24, 2010

Boots en brannewyn - Snaakse stories uit die rugbywereld

Boots en brannewyn

deur Frik du Preez; Chris Schoeman;ISBN:9781770221338, R150.00

Order Now

Of jy nou vir Bitterfontein, die Blou Bulle of die Bokke speel, rugby bly ’n spel met baie snaakse situasies, op en van die veld. Daar’s nie nóg ’n sport waaruit sóveel stories uit die skrum van die lewe gehaak word nie. Boots en brannewyn is ’n lekker ontspanboek wat o.a. vertel van Morrie Zimerman se gatvol raak vir hoekskoppies; Ferdie Bergh se helderblou Springbok-kouse; die ref wat die Bokke teregwys dat ‘die Engelse julle darem nou lekker donner’; ’n boerbok wat ’n Villagers-man buite aksie stel; en Bob Skinstad se ‘noodgebed’ voor ’n wedstryd. Daar is ook heelwat staaltjies oor legendes soos Oom Boy Louw, Dok Craven, Oubaas Mark en Colin Meads, oor breiers en refs en die manewales van die Kiwis, Aussies en die Ses Nasies-manne. ’n Lekker-lag boek vir rugby-liefhebbers.

About the Author - Frik du Preez
Frik du Preez is ’n groot legende in die rugbywêreld en een van die min Springbokke wat al in die International Hall of Fame vereer is. Hy is ook in 2000 aangewys as Suid-Afrika se Speler van die Eeu. Met 87 wedstryde vir die Springbokke, insluitende 38 toetse, en meer as 100 wedstryde vir Noord-Transvaal, het Frik ’n ryke skatkis van snaakse rugbystaaltjies opgebou. Hy het nie net onsterflike roe ...[more about Frik du Preez]

About the Author - Chris Schoeman
Chris Schoeman was born in Somerset East and educated at the University of Port Elizabeth and Colorado State University, USA. He has worked as a historian and journalist and has authored and co-authored several books, including District Six: The Spirit of Kanala, Danie Gerber: Maestro of the Midfield and the popular Losskrums and Loopdoppe series, collections of humorous rugby stories compiled wit ...[more about Chris Schoeman]

No comments:

Post a Comment