Thursday, July 1, 2010

Kom ons hou partytjie

Ons hou partytjie!

by Jenny Dodo, ISBN:9781770077799, R165.00

Order Now

Teen dié tyd weet ma’s (en pa’s) dat Jenny Dodd se partytjieboeke onontbeerlik is om te verseker dat hul kinders se partytjies so te sê kinderspeletjies is om te organiseer. Ons hou partytjie gaan op soortgelyke wyse as Partytjie-idees vir Kinders en Partytjiepret voort, met ’n nuwe reeks fantastiese temas vir kinderpartytjies wat jou nie te veel geld uit die sak sal jaag nie.
Jenny lei jou met die beplanning, uitnodigings, kos (waaronder koekresepte), dekor, temas en vermaak. Die temas kan vir verskillende ouderdomsgroepe aangepas word, van kleintjies tot tieners (en soms selfs nóg ouer), asook vir verskillende geleenthede.
Die temas is:


  • Polkakolle

  • Putjiespel

  • In die kleine

  • Formule 1

  • Partytjiegoggas

  • Kranige kokke

  • Pret op ys

  • Bestemming Mars

  • Betowerde woud

  • Pret op die plaas

  • Blink brandweerwa

  • Die groot nommer 1

  • Karatekampioene

  • Ponieparade

  • Skipbreuk

  • Wêreldbekersokker

  • Steentydperk

  • Hoërskool-opskop

  • Misdaadtoneel

  • Reis na Egipte

  • No comments:

    Post a Comment